Suid-Afrika se wapens van massavernietiging

'n Canberra T.4 no. 458 by Ysterplaat-lugmagbasis, 1982
'n RSA-3 LEO-vuurpyl, SALM-museum, Swartkop, Pretoria

Van die 1960's tot die 1980's het Suid-Afrika wapens van massavernietiging ondersoek en gebou. Dit sluit kern-, biologiese en chemiese wapens in. Ses kernwapens is uiteindelik gebou.[1] Voor die verwagte oorgang na 'n meerderheidsregering in die 1990's, het die Suid-Afrikaanse regering al sy kernwapens afgetakel, die eerste land ter wêreld om sy kernwapens vrywillig op te gee.

Suid-Afrika het in 1975 die verdrag teen biologiese wapens onderteken. In 1991 is die verdrag teen die verspreiding van kernwapens onderteken, en in 1995 die verdrag teen chemiese wapens.

  1. John Pike. "Nuclear Weapons Program – South Africa" (in Engels). Globalsecurity.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Mei 2020. Besoek op 15 Mei 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search